want al die wilde diere in die bos en die diere op duisende berge is Myne. Ek ken al die voëls op die berge, en al die baie diertjies in die veld behoort aan My. Wanneer Ek honger word, dan sal Ek nie vir julle kos vra nie, want die wêreld en alles daarop is Myne. Ek eet nie die vleis en Ek drink nie die bloed van die bulle en bokke wat julle offer nie. Nee, die offer wat jy vir God moet bring, is dit: Jy moet vir Hom dankie sê vir alles. En jy moet doen wat jy belowe het aan My, die Hoogste God. Jy moet tot My bid wanneer dit sleg gaan. Ek sal jou red, en jy sal My eer.”
Lees Psalms 50
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 50:10-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's