PSALMS 50:10-15

PSALMS 50:10-15 NLV

Want al die diere van die bos is Myne, ook die wild op duisende berge. Ek ken elke voël op die berge; al wat roer in die veld is Myne. Sou Ek honger wees, sal Ek jou dit nie sê nie, want aan My behoort die aarde en alles daarop. Eet Ek dalk die vleis van bulle, of drink Ek die bloed van bokke? Offer dankoffers aan God, en betaal jou geloftes aan Hom die Allerhoogste. Roep na My in die dag van nood. Ek sal jou verlos en jy sal My eer.”