Psalms 50:10-15

Psalms 50:10-15 CAB23

Want al die diere van die woud is myne, en die vee op duisend heuwels. Ek ken al die voëls van die berge, en die wilde diere van die veld is myne. As ek honger was, sou ek dit nie vir jou sê nie, want die wêreld is myne en die volheid daarvan. Sal ek die vleis van bulle eet of die bloed van bokke drink? Offer aan God danksegging; en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. En roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou red, en jy moet My eer.