Ek praat dag en nag oor die goeie dinge wat U doen. Ek steek dit nie weg nie. Ek vertel dat U getrou is en mense vrymaak. Ek bly nie stil oor wat U doen as die gemeente bymekaarkom nie. Here, ek weet U sal nie ophou om my met u liefde toe te vou nie. Pas my altyd op. Wees lief vir my. Duisende probleme het my omring. My sondes het my ingehaal. Ek is nou nog toegegooi onder probleme. Ek kan dit nie tel nie. Hulle is meer as die hare op my kop. Dit maak my heeltemal moedeloos. Here, red my, asseblief. Help my gou, Here! Daar is mense wat my wil doodmaak. Laat hulle skaam kry oor wat hulle doen. Verneder hulle. Laat almal weghardloop wat bly is oor my swaarkry. Hulle moet self voel hoe dit is om in die skande te kom. Hulle lag my mos uit en maak ’n gek van my. Laat hulle stom staan. Almal wat naby U leef, moet opgewonde en bly wees. Laat mense wat weet dat U red, elke dag sê: “Daar is niemand groter as God nie!”
Lees Psalms 40
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 40:11-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's