U geregtigheid het ek nie in my hart verberg nie, oor u trou en verlossing het ek gepraat. Ek het nie u troue liefde en waarheid vir 'n groot byeenkoms geheim gehou nie. U, HERE, moet tog nie u ontferming van my weerhou nie. Laat u troue liefde en waarheid my altyd veilig hou, want tallose gevare omring my. My sondeskuld het my ingehaal, sodat ek nie kan sien nie; dit is meer as die hare op my kop. My moed het my begewe. Mag dit U behaag om my te red, HERE, HERE, kom my gou te hulp! Laat hulle almal saam beskaamd en verleë staan, hulle wat my lewe soek. Laat hulle terugdeins en verneder word, hulle wat behae het in my teenspoed. Mag hulle ontredderd wees deur hulle skande, hulle wat vir my sê: “Aha! Aha!” Mag almal wat U soek hulle verheug en in U bly wees; mag hulle wat u verlossing liefhet, voortdurend sê: “Die HERE is groot!”
Lees Psalms 40
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 40:11-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's