U geregtigheid het ek nie vir myself gehou nie; ek het vertel van u trou en van u reddende mag. In die groot vergadering het ek nie geswyg oor u goedheid en getrouheid nie. HERE, moenie u ontferming van my weghou nie. Laat u liefde en trou my altyd beskerm. Want rampe het my oorval. Daar is moeilikhede rondom my, dis te veel om te tel! My sondes het my ingehaal; ek kan dit nie ontsnap nie. Hulle is meer as die hare op my kop. Ek het alle moed verloor. Asseblief, HERE, red my tog! Kom gou, HERE, en help my! Laat almal wat my lewe wil neem, in skande kom en verneder word. Laat hulle wat my ondergang begeer, vlug en beskaamd staan. Laat hulle verbysterd wees oor hulle skande, hulle wat sê: “Aha! Ons hét hom!” Maar mag almal wat U dien, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat by U hulp soek, voortdurend sê: “Die HERE is groot!”
Lees PSALMS 40
Luister na PSALMS 40
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 40:11-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's