Ek hou niks van skynheiliges nie, maar ek het u wet baie lief. By U kruip ek weg, want U is baie sterk, U pas my goed op. Ek wag op u Woord om my sterk te maak. Julle spul slegte mense moet dadelik padgee sodat ek kan doen wat my God sê. Here, hou my hand styf vas soos U beloof het, dan sal ek voluit lewe. Moenie my teleurstel nie, kyk dan net hoe glo ek in U. Hou my regop, dan is alles in orde, dan sal ek doen wat U sê. U hou niks van mense wat nie na U luister nie. Hulle praat ’n spul leuens. U vee goddelose mense van die aarde af soos ’n klomp rommel; daarom is ek so lief vir u Woord. Ek het baie groot respek vir U. Dit wat U doen, vul my met ontsag. Ek het nog altyd gedoen wat reg is, moenie dat my vyande my beetkry nie. Kies asseblief my kant, goeie God, moenie dat mense wat te veel van hulleself dink, my uitbuit nie. Ek sien baie uit na die dag dat U my kom help, ek hou vas aan u belofte dat U net doen wat reg is. Tree asseblief in liefde teenoor my op, wys my hoe ek moet lewe. Onthou, ek is u dienskneg, wys my wat dit presies beteken sodat ek kan doen wat reg is. Here, vat daardie spul vas wat u wet oortree. Ek het u voorskrifte met my hele lewe lief, dit beteken meer vir my as al die goud in die wêreld. Daarom doen ek alles wat U sê tot in die fynste besonderhede. Maar verkeerde dinge, dit haat ek.
Lees Psalms 119
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 119:113-128
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's