Toe Hy die hemelruim gevorm het, toe Hy die waters se grense bepaal het, toe Hy die wolke hulle vaste plek gegee het, toe Hy die fonteine onder die aarde geskep het, toe Hy vir die see grense gestel het (sodat die waters hulle plek sou ken), toe Hy die fondamente van die aarde bepaal het, was die wysheid al lankal daar. Wysheid was vir God soos ’n lieflingskind. Dag vir dag het Hy haar geniet. Soos ’n vrolike, huppelende kind het die wysheid die hele aarde vol gespeel. Op ’n dag het die wysheid met Adam se kinders kennis gemaak. Tot vandag toe geniet sy hierdie vrolike verhouding met sy nageslag.
Lees Spreuke 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 8:27-31
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's