Toe Hy die hemele gevestig het, was ek daar. Toe Hy die horison afgemerk het oor die oppervlak van die watermassa; toe Hy die wolkehemel daarbo gevestig, die fonteine van die oerwater sterk gemaak het; toe Hy vir die see sy grens vasgestel het, dat die water nie sy bevel sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde afgesteek het, was ek 'n lieflingskind aan sy sy – ek was dag ná dag sy vreugde, terwyl ek die hele tyd voor Hom speel. Terwyl ek op die bewoonbare deel van sy aarde speel, het ek vreugde gevind in die mensekinders.
Lees Spreuke 8
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Spreuke 8:27-31
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's