Maar hoor wat sê die Here: “Die Assiriërs is baie sterk en hulle het die beste wapens. Hulle is ook baie mense. Maar al is dit so, hulle sal vernietig word en soos mis voor die son verdwyn. Vroeër het Ek my volk verneder deur hulle aan die lot van hulle vyande oor te laat, maar Ek sal dit nie weer doen nie. Ek sal sorg dat die Assiriërs nie langer oor julle baasspeel nie. Ek sal die houvas wat hulle op julle het, verbreek.” Die Here het ook die volgende oor Assirië te sê: “Jy sal nie kinders hê wat jou naam sal laat voortleef nie. Verder sal Ek ook die beelde van julle gode wat in julle tempels is, vernietig. Dit is nou die beelde wat met die hand gekerf is en ook dié wat met ’n vorm gegiet is. Ek het ook klaar reggemaak vir julle begrafnis, want julle is niks werd nie.” Kyk, ’n boodskapper wat die goeie nuus bring dat ons nou vry is, is reeds op pad hierheen. Hy laat nie eens berge in sy pad staan om die goeie nuus te kom oordra nie: “Mense van Juda, die tyd het nou gekom dat julle weer julle feeste kan vier en julle beloftes kan nakom! Julle bose vyande uit Nineve sal julle land nie weer inval nie, want hulle is heeltemal verslaan.”
Lees Nahum 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Nahum 1:12-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's