Markus 9:33-37

Markus 9:33-37 DB

Toe hulle in Kapernaum by die huis aankom, vra Jesus hulle: “Waaroor het julle op pad so ernstig met mekaar gesels?” Nie een het iets gesê nie, want hulle het gestry oor wie van hulle die belangrikste was. Jesus gaan sit toe en roep sy twaalf getrouste volgelinge nader. “Die een wat die belangrikste wil wees, moet die minste van almal word. Hy moet bereid wees om ander mense te dien.” Hy neem toe ’n kind en laat hom tussen hulle staan. Hy hou die kind vas en sê: “Wie mooi en goed optree teenoor een van hierdie kinders omdat hy in My glo, tree eintlik mooi en goed teenoor My op. En as iemand mooi en goed teenoor My optree, tree hy eintlik goed op teenoor God wat My gestuur het.”