MARKUS 9:33-37

MARKUS 9:33-37 NLV

Hulle het toe in Kapernaum aangekom. In die huis waar hulle sou oorbly, vra Hy sy dissipels: “Waaroor het julle op pad geredeneer?” Hulle bly toe stil, want hulle het mekaar langs die pad aangevat oor wie van hulle die belangrikste is. Daarop gaan sit Jesus en roep die twaalf na Hom toe. Toe sê Hy vir hulle: “As jy die vernaamste wil wees, moet jy agter almal inval en almal se dienaar wees.” Toe laat Hy ’n kindjie tussen hulle staan en slaan sy arms om hom met die woorde: “As jy een van hierdie kindertjies in my Naam verwelkom, verwelkom jy vir My. En as jy My verwelkom, verwelkom jy nie net vir My nie; jy verwelkom ook my Vader wat My gestuur het.”