Ek is die Here. Daarom het Ek nog nooit verander soos julle beweer nie. Maar julle het ook nog nooit verander nie. Julle bly nog steeds Jakob se kinders wat net soos hy altyd loop en bedrieg. Ten spyte daarvan het Ek julle nog nooit aan julleself oorgelaat nie. Julle is net soos julle voorouers. Hulle het ook die rug vir My gedraai en nie gedoen wat Ek van hulle gevra het nie. Wil julle nie omdraai en weer terugkom na My toe nie? Ek wil graag weer my hande na julle toe uitsteek en julle terugvat. Maar nou vra julle: “Hoekom moet ons terugkom as ons nog nooit weg was nie?” Sê nou vir My: Is dit reg om van God te steel? Natuurlik nie, maar tog steel julle van My! Moet nou nie so verbaas lyk en vra: “Wanneer het ons van U gesteel?” nie. Waar is die tiendes en die dankoffers wat julle moet bring sodat die gemeente die mense wat dit nodig het, daarmee kan versorg? Dit is die rede waarom dit so swaar gaan met julle, want die hele volk is besig om van My te steel. Bring julle volle tiende na die tempel se stoorkamers toe sodat daar genoeg kan wees om dié wat nie vir hulleself kan sorg nie te help. Probeer dit en kyk wat gebeur. As julle dit doen, sal julle sien dat julle my hande wat agter my rug vasgemaak was, losgemaak het, en dan sal Ek weer vir julle kan sorg na die beste van my vermoë. Ek sal sorg dat julle lande weer goeie oeste het en julle wingerde se druiwe volop sal wees, sê die Here van die oorvloed. Julle land sal so ’n wonderlike plek wees dat die mense van die ander lande sal sê: “Kyk hoe seën die Here hulle.” Julle sê lelike goed oor My wat My baie seermaak, sê die Here. En nou wil julle weet: “Wat het ons gesê wat so verkeerd is?” Kom Ek herhaal julle woorde vir julle: “Dit hou nie vir ons enige voordeel in om die Here te dien nie. Wat help dit om te probeer doen wat Hy sê en met ’n lang gesig te loop om te wys ons is jammer oor wat ons verkeerd gedoen het? Wat ons betref, is die gelukkigste mense dié wat selfsugtig is. Kyk hoe goed gaan dit met die slegte mense. Asof dit nie genoeg is nie, doen hulle net wat hulle wil en God doen niks aan hulle nie.”
Lees Maleagi 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Maleagi 3:6-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's