Johannes 2:1-12

Johannes 2:1-12 DB

Die volgende dag is Jesus en sy volgelinge na ’n troue toe. Die troue was in Kana. Kana lê in die provinsie Galilea. Jesus se ma was ook daar. Die wyn raak toe op. Jesus se ma gaan sê dit toe vir Hom. Jesus antwoord haar: “Wat het dit eintlik met My te doen? Dit is nie my groot oomblik nie, nog nie.” Sy ma vra die helpers toe: “Doen asseblief wat Hy vir julle sê.” Daar eenkant het ses klipkanne gestaan. Elkeen het sowat 90 liter water gehou. Die Jode het die water gebruik om hulleself godsdienstig te reinig. Jesus sê toe vir die helpers: “Maak daardie kanne vol water.” Die helpers het die kanne tot heel bo vol gemaak. “Skep nou ’n beker daarvan en vat dit vir die seremoniemeester.” Die helpers maak toe soos Jesus gevra het. Daardie water het wyn geword en die helpers het dit besef. Die seremoniemeester het egter niks daarvan geweet nie. Toe die seremoniemeester daarvan proe, roep hy die bruidegom: “Vir wat het jy die goeie wyn tot nou toe gebêre? Jy weet mos ons gee eers die goeie wyn vir die mense en daarna die swakker wyn.” Dit was die eerste teken wat Jesus gedoen het, daar in Kana in Galilea. So het sy grootheid en belangrikheid duidelik geword. En sy dissipels het in Hom geglo. Daarna het Jesus saam met sy ma, broers en volgelinge ’n rukkie in Kapernaum gaan bly.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid