“Ek self sal ook na ’n rukkie na julle toe terugkom. Ek sal julle nie soos verlore weeskinders hulpeloos en alleen los nie. Maar wanneer Ek terugkom, sal Ek nie wees soos Ek nou is nie. Ongelowige mense sal My glad nie kan sien nie. Julle sal My goed kan ‘sien’, en weet julle hoekom? Julle sal nie meer net fisiek lewe nie, maar geestelik ook, net soos Ek. Julle sal dan agterkom hoe intiem die verhouding tussen My en my Vader is. Net so intiem sal julle verhouding met My en my verhouding met julle wees. “Julle sal die persoon wat My regtig liefhet duidelik kan uitken. Hy sal weet wat Ek van hom verwag en dit ook doen. As iemand so lojaal teenoor My is, sal my Vader ook lojaal teenoor hom wees. Natuurlik sal Ek self ook lojaal teenoor hom wees en Ek sal vir hom al duideliker wys wie Ek regtig is.” Judas (nie Judas Iskariot nie) vra toe: “Here, hoe is dit dat U vir ons duideliker gaan wys wie U is, maar dat die ongelowiges dit nie eens sal agterkom nie?” Jesus antwoord toe: “Wel, Judas, die saak staan so. Daar is twee soorte mense: die mense wat My liefhet, en die mense wat niks met My te doen wil hê nie. Die mense wat My liefhet, neem alles wat Ek sê baie ernstig op; die ander steur hulle nie daaraan nie. God staan 100% agter hulle wat my woorde ernstig opneem, want dit is mos eintlik God self se woorde. Weet julle, my Vader en Ek sal al twee op ’n baie intieme manier deel word van daardie persoon se lewe. Ek sê dit vir julle terwyl Ek nog hier by julle is. Later sal my Vader vir julle julle spesiale Helper, die Heilige Gees, stuur. Hy sal namens My kom en sorg dat julle alles goed sal onthou wat Ek vir julle gesê het. “Julle hoef nie bekommerd te wees nie. Ek los ook vir julle ’n geskenk wanneer Ek weggaan: vrede! Moet dit egter nie verwar met die oppervlakkige vrede van hierdie wêreld nie. Dit is vrede wat iemand net by My kan kry. Daarom hoef julle nie gespanne of selfs bang te voel oor die toekoms nie. Julle weet mos wat Ek beloof het: ‘Ek gaan weg, maar Ek kom weer na julle toe.’ As julle My liefhet, sal julle eintlik bly wees dat Ek na my Vader toe gaan, want Hy is nog belangriker as Ek. Ek vertel julle hierdie dinge nou al, sodat julle kan weet wat om te verwag. Wanneer die dinge dan gebeur, sal dit maak dat julle My net al hoe meer vertrou. Die tyd vir praat raak nou min. Die duiwel maak reg vir sy aanval. Party mense dink mos hy is baas in die wêreld. Maar hy staan nie die geringste kans nie. Hy het klaar verloor, want hy het nie ’n houvas op My nie. Ek doen egter hierdie dinge wat my Vader van My vra, sodat die mense kan besef hoe lief Ek vir my Vader is. Kom, dit is tyd om te gaan.”
Lees Johannes 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 14:18-31
5 Days
Praying the Sign of the Cross traces its origins back to the very early Christians marking a cross on their foreheads. The practice has developed over time and is now a regular practice for over a billion people around the world. Through this Bible study we will explore the practice of the prayer and also the enormity of the mystery of the Trinity and the sacrifice of our ever-loving God.
5 dae
Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en vergewe is en soveel meer! Maar bo alles, om onsself te herinner dat God ons Vredevors is!
Die Here wil hê dat sy gelowiges op geloofsvlerke moet sweef. Die Bybel is ons gids, die karakters daarin ons voorbeelde, en die Heilige Gees ons hulp vir die lewe in geloof. Die Bybel is vol getuienisse wat ‘n alternatiewe lewe van rebellie en ongehoorsaamheid gekies het, asook die wat ‘n lewe van oorgawe in geloof gekies het.
6 Days
Addiction, divorce, discontentment, and spiritual emptiness. How do we end up in these messes? It’s like we somehow start following bad advice. This Life.Church Bible Plan is for people who want to do away with the bad and bring on some Good Advice.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's