Jeremia 3:21-22

Jeremia 3:21-22 DB

Op die heuweltoppe hoor ’n mens uitroepe. Dit is die gehuil en gesoebat van Israel se mense. Hulle huil, want hulle besef dat hulle op ’n verkeerde koers is. Hulle het van die Here vergeet. Die Here sê: “My kinders, julle het My in die steek gelaat. Maar kom terug na My toe en Ek sal julle van julle skandelike optrede gesond maak.” Hierop het hulle geantwoord: “Ja, Here, ons wil terugkom, want U is die Here, ons God!