Jesaja 12:2-4

Jesaja 12:2-4 DB

Kyk, God het ons kom red. Ons stel ons vertroue in Hom, ons is nie meer bang vir Hom nie. Die Here ons God maak ons sterk en beskerm ons. Hy is ons verlosser.” Soos ’n fontein met vars, helder water ’n dors mens laat jubel van vreugde, so sal julle jubel oor die verlossing wat kom. Dan sal julle sing: “Loof die Here en eer sy Naam. Vertel vir die volke van alles wat Hy gedoen het. Vertel vir hulle hoe wonderlik Hy is.