Jesaja 12:2-4

Jesaja 12:2-4 AFR20

Kyk, God is my verlossing; ek vertrou en is nie ontsteld nie. Ja, die HERE, die HERE is my toevlug en my sterkte; Hy het my tot hulp gekom. Julle sal met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing. Julle sal op daardie dag sê, ‘Prys die HERE! Roep sy Naam uit! Maak onder die volke sy dade bekend! Verkondig dat sy Naam verhewe is!