Genesis 43:11-14

Genesis 43:11-14 DB

Uiteindelik het Jakob gesê: “Goed, dan moet julle hom maar saamvat. Maar vat ook vir die man in Egipte van ons beste produkte saam. Sit ’n bietjie balsem, ’n bietjie heuning, gom, hars, neute en amandels in julle graansakke. En gee dit vir die man as ’n geskenk. Vat ook genoeg geld saam. Al die geld wat bo in julle graansakke was, moet julle teruggee. Dit was ’n fout. Neem dan nou julle broer, vertrek onmiddellik en gaan reguit na die man toe terug. Mag die groot en almagtige God so vir julle sorg dat die man in Egipte net deernis vir julle sal hê. En mag hy julle broer Simeon vrylaat en hom saam met Benjamin terugstuur. Moenie julle oor my bekommer nie, want as ek moet swaarkry, moet ek swaarkry.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid