Genesis 43:11-14

Genesis 43:11-14 AFR20

Toe sê hulle vader Israel vir hulle: “As dit so is, maak dan só: Neem van die keurprodukte van die land in julle kruike saam, en neem dit af daarheen as 'n geskenk vir die man: 'n bietjie balsem en 'n bietjie heuning, gom en hars, pistasieneute en amandels. Neem ook twee maal soveel silwer met julle saam, en die silwer wat bo in julle sakke teruggegee is, moet julle saam terugneem. Miskien was dit 'n misverstand. En neem julle broer; maak gereed en gaan terug na die man. Mag God, die Almagtige, gee dat julle barmhartigheid ervaar voor die man, en dat hy vir julle julle ander broer en Benjamin vrylaat. En ek – as ek kinderloos word, word ek kinderloos.”

Video for Genesis 43:11-14