God het gesê: “Laat die waters wemel van alle soorte seediere en laat die voëls oor die lengte en die breedte van die hemelruim rondvlieg.” God het toe die groot seediere gemaak, so ook alle diere wat in die waters leef. God het ook elke denkbare soort voël gemaak. Hy was baie tevrede met al die seediere en voëls wat Hy gemaak het. God het hulle geseën en gesê: “Wees vrugbaar en word baie. Maak nou die water van die see vol met allerhande soorte seediere. En laat die hemelruim en die aarde vol swerms voëls wees.” Dit het toe nag geword en weer dag. En dit was die vyfde dag van die skepping. God het gesê: “Laat die aarde verskillende soorte diere oplewer: alle soorte klein- en grootvee, kruipende dinge en wilde diere.” En dit was so. God het toe al die verskillende soorte wilde diere gemaak asook alle soorte klein- en grootvee en al die kruipende dinge op aarde. En God was baie tevrede met die diere wat Hy gemaak het. Toe het God gesê: “Kom Ons maak ’n mens, ’n mens wat iets van My in hom het en selfs ’n bietjie soos Ek lyk. Hy sal oor die visse in die see regeer asook oor die voëls in die hemel. Hy sal die klein- en grootvee asook al die wilde diere tem. Hy sal oor al die kruipende diere op die aarde heers.” God het toe die mens gemaak. En dié mens het iets van God in hom gehad. Dié mens het soos God gelyk. God het ’n man en ’n vrou gemaak. God het hulle toe geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en kry baie kinders, so baie dat julle oral oor die aarde sal bly. Tem die aarde en heers daaroor. Heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en al die diere op die aarde.” God het verder gesê: “Kyk, Ek gee jou elke plant wat saad dra asook elke vrugteboom op aarde as jou kos. En vir al die diere op die land, al die voëls in die lug en al die diere wat op die aarde kruip, gee Ek die groen plante. Dit sal hulle kos wees.” En dit was so. God het alles wat Hy gemaak het, goed bekyk en Hy was baie tevrede daarmee. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die sesde dag van die skepping.
Lees Genesis 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 1:20-31
4 Days
If God has called you to be an entrepreneur, then He has called you to thrive in business. However, there is a big gap between ideas and thriving. If this gap is not closed, you will easily become frustrated with the idea and God. This 4-day devotional provides scriptural guidance in learning the basic principles to thrive in entrepreneurship.
6 Days
Change isn’t easy, but it isn’t impossible, either. Starting a few small good habits can change how you see yourself today and transform you into the person you want to be tomorrow. This Life.Church Bible Plan moves through Scripture with a simple acronym for making good daily habits that actually stick.
7 dae
Ons almal wil deurbraak ervaar in ons lewe, maar wat kan ek doen om dit te beleef?
10 Days
What if the nagging sense your spiritual life needs to be more spectacular isn’t from the Holy Spirit? This devotional track reveals that finding peace that passes understanding isn’t in some greener spiritual pasture but is in finding the green in your right-now-life. Join us for the next ten days as we find the blessing in the wonderfully ordinary and learn to be content in our everyday lives.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's