God het verder beveel: “Laat die waters wemel van lewende wesens en laat voëls bo in die lug oor die aarde vlieg.” God het die groot seediere geskep, al die verskillende soorte wesens wat in die water lewe, asook al die baie soorte voëls. God was tevrede met wat Hy gesien het. God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar, vermeerder en vul die oseane en laat die voëls op die aarde vermeerder.” Dit het op die vyfde dag gebeur. God het weer beveel: “Laat die aarde allerlei soorte diere oplewer: mak diere, diere wat kruip en wilde diere – almal na eie aard.” Dit het presies so gebeur. So het God allerlei soorte wilde diere gemaak, mak diere en diere wat op die grond kruip. God het gesien dit was goed. God sê toe: “Laat Ons ’n mens maak wat met Ons ooreenstem om te heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor die mak diere, oor die wilde diere, en oor alles wat op die aarde kruip.” God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep. God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op die aarde.” Verder sê God: “Let op, Ek het aan julle al die plante wat saad dra, gegee en al die bome wat vrugte en saad gee. Dit is vir julle om van te eet. Maar die groen gras en plante gee Ek aan al die diere op die aarde, die voëls in die lug en die klein diertjies wat op die aarde kruip.” Dit het so gebeur. God het na sy handewerk gekyk en dit was baie goed. Dit alles het God op die sesde dag gemaak.
Lees GENESIS 1
Luister na GENESIS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 1:20-31
4 Days
If God has called you to be an entrepreneur, then He has called you to thrive in business. However, there is a big gap between ideas and thriving. If this gap is not closed, you will easily become frustrated with the idea and God. This 4-day devotional provides scriptural guidance in learning the basic principles to thrive in entrepreneurship.
6 Days
Change isn’t easy, but it isn’t impossible, either. Starting a few small good habits can change how you see yourself today and transform you into the person you want to be tomorrow. This Life.Church Bible Plan moves through Scripture with a simple acronym for making good daily habits that actually stick.
7 dae
Ons almal wil deurbraak ervaar in ons lewe, maar wat kan ek doen om dit te beleef?
10 Days
What if the nagging sense your spiritual life needs to be more spectacular isn’t from the Holy Spirit? This devotional track reveals that finding peace that passes understanding isn’t in some greener spiritual pasture but is in finding the green in your right-now-life. Join us for the next ten days as we find the blessing in the wonderfully ordinary and learn to be content in our everyday lives.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's