Eksodus 33:12-23

Eksodus 33:12-23 DB

Moses het later vir die Here gesê: “U het vir my gesê dat ek die volk van hier af moet laat trek. U sê dan glad nie vir my wie U saam met my sal stuur nie. U het ook vir my gesê dat U my goed ken en dat U van my hou. As dit dan so is, sê asseblief vir my wat u planne is sodat ek kan weet wat U van my wil hê en ek dit kan doen. Hierdie nasie wat ek moet lei, is immers tog u eie volk.” “Moet Ek dan self saamgaan dat jou hart rus kan kry?” vra die Here toe vir Moses. “Asseblief,” sê Moses vir die Here, “as U nie self saamgaan nie, moet U ons glad nie hiervandaan af laat weggaan nie. Waaraan anders sal ons weet of U vir ons omgee of nie? Ons sal dit net weet as U saam met ons gaan. Waaruit anders sal dit duidelik wees dat U anders oor ons voel as oor al die ander volke op aarde?” “Goed,” het die Here vir hom gesê, “Ek sal dan maar saam met julle gaan, soos jy gevra het. Ek sal maak soos jy vra, want Ek ken jou baie goed.” Toe vra Moses: “Kan ek maar asseblief sien hoe U lyk?” Die Here sê toe vir hom: “Ek doen graag iets vir iemand as Ek dit self besluit. Ek bederf graag mense wat Ek ’n guns wil bewys. Ek sal jou wel iets van my grootheid laat sien. Ek sal dat jy my stem hoor wanneer Ek my Naam ‘Here’ voor jou sê. Jy mag egter nie my gesig sien nie. Geen mens sal bly lewe as hy die Here se gesig moet sien nie. Kom, hier is ’n rots waarby jy kan staan. Wanneer Ek met my Goddelike grootheid hier verbygaan, sal Ek jou tussen die rotse laat staan en jou met my hand beskerm totdat Ek verby is. Wanneer Ek verby is en my hand wegvat, sal jy My van agter af kan sien. Niemand mag My egter van voor af sien nie.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 33:12-23

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid