EKSODUS 33:12-23

EKSODUS 33:12-23 Bybel vir almal (ABA)

Moses het vir die Here gesê: “U sê vir my ek moet die volk wegneem, maar U sê nie vir my wie U saam met my sal stuur nie. U het gesê: ‘Ek ken jou, Ek is tevrede met jou.’ Daarom vra ek nou, as U regtig tevrede is met my, sê vir my wat U wil doen, sodat ek U ook kan ken, en kan weet U is tevrede met my. Onthou, hierdie volk is u eie volk.” Die Here het gevra: “Moet Ek self saamgaan en jou na die land bring?” Moses het vir Hom gesê: “As U nie self met ons saamgaan nie, dan moet U ons nie laat weggaan van hier nie. Hoe sal ons weet dat U tevrede is met ons, met my en met u volk, as U nie met ons saamgaan nie? Ek en u volk sal weet ons is anders as al die volke op die aarde as U self saam met ons gaan.” Die Here het vir Moses gesê: “Ook dít wat jy nou gevra het, sal Ek doen, want Ek is tevrede met jou en Ek ken jou.” Toe sê Moses: “Ek wil U asseblief sien wanneer U, die Koning, verskyn.” Maar die Here het gesê: “Dit sal blink as Ek voor jou verbygaan en Ek sal my Naam ‘die Here’ hard sê sodat jy dit hoor. Ek besluit self vir wie Ek genadig en goed wil wees. Maar jy mag nie my gesig sien nie, want as iemand My sien, dan sal hy sterf.” Die Here het ook gesê: “Hier is 'n plek by My waar jy op 'n rots kan staan. Wanneer die lig verbykom, die lig wat om My, die Koning, is wanneer Ek verskyn, dan sal Ek jou in 'n skeur in die rots sit en jou met my hand toemaak totdat Ek verby is. Dan sal Ek my hand wegneem, en jy sal my rug sien, maar nie my gesig nie. Niemand mag my gesig sien nie.”

EKSODUS 33:12-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Toe het Moses met die HERE gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar Ú laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind. As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is. En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is. Toe sê die HERE aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam. Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien. Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is 'n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan. En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het. En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.

EKSODUS 33:12-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

Op 'n keer het Moses vir die Here gesê: “Kyk, U beveel my om met hierdie volk te trek, sonder om my mee te deel vir wie U saam met my stuur. Tog het U gesê: ‘Ek ken jou op jou naam; Ek is jou goedgesind.’ As U my dan goedgesind is, maak my u wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag. Onthou tog hierdie nasie is u volk.” Toe het die Here gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?” Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. Hoe sal die mense weet dat ek en u volk u goedgesindheid geniet as U nie saam met ons gaan nie? Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.” Die Here het vir Moses geantwoord: “Ook wat jy nou gevra het, sal Ek doen. Ek is jou goedgesind en Ek ken jou op jou naam.” Toe sê Moses: “Laat ek tog net u magtige verskyning sien!” Maar die Here sê: “Ek sal al my voortreflikheid voor jou laat verbykom en Ek sal die Naam ‘die Here’ vir jou uitroep, want Ek betoon genade aan wie Ek genade wil betoon en Ek ontferm My oor wie Ek My wil ontferm. Vir My kan jy nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.” Die Here het verder gesê: “Maar hier by My is 'n plek waar jy op die rots kan staan. As Ek in my magtige verskyning verbykom, sal Ek jou eers in 'n rotsskeur sit en jou met my hande toemaak totdat Ek verby is. Dan sal Ek my hande wegvat sodat jy My van agter kan sien. Niemand mag my gesig sien nie.”

EKSODUS 33:12-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Moses het vir die HERE gesê: “Kyk, U sê vir my, ‘Laat hierdie volk optrek,’ maar self maak U nie aan my bekend wie U saam met my sal stuur nie. U is die Een wat gesê het, ‘Ek ken jou by die naam, en jy het ook guns gevind in my oë.’ Daarom, as ek wel guns gevind het in u oë, maak tog aan my u paaie bekend, dat ek U kan ken, sodat ek guns bly vind in u oë; besef tog dat hierdie nasie u volk is. ” Die HERE het gesê: “Moet my teenwoordigheid saamgaan, en moet Ek vir jou rus gee? ” Hy het vir die HERE gesê: “As u teenwoordigheid nie saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat optrek nie. Waaraan sou mense dan weet dat ek guns gevind het in u oë, ek en u volk? Is dit nie wanneer U met ons saamgaan, dat ons onderskei sal word, ek en u volk, van elke ander volk op die aardbodem nie? ” Die HERE sê toe vir Moses: “Ook aan hierdie versoek wat jy uitgespreek het, sal Ek voldoen, omdat jy guns gevind het in my oë, en Ek jou by die naam ken. ” Moses sê toe: “Toon asseblief u heerlikheid aan my.” Maar Hy het geantwoord: “Ek sal al my goedheid reg voor jou laat verbygaan, en Ek self sal die Naam ‘die HERE’ uitroep. Ek is genadig oor wie Ek genadig wil wees, en Ek ontferm My oor wie Ek My wil ontferm.” Hy het verder gesê: “Jy kan nie my gesig sien nie, want 'n mens kan My nie sien en bly leef nie.” Toe sê die HERE: “Hier is 'n plek by My waar jy kan gereedstaan op die rots. Wanneer my heerlikheid dan verbygaan, sal Ek jou in die rotsskeur sit en Ek sal jou met die palm van my hand toehou, totdat Ek verby is. Dan sal Ek my handpalm wegneem, en jy sal My van agter sien. Maar my gesig mag nie gesien word nie. ”

EKSODUS 33:12-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Toe sê Moses vir die HERE: Kyk, U sê vir my: Laat hierdie volk optrek, en U het my nie laat weet wie U saam met my sal stuur nie. Maar jy het gesê: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind. As ek dan nou genade in U oë gevind het, wys my nou U weg, dat ek U kan ken, dat ek genade in U oë kan vind; en let op dat hierdie nasie U volk is. En hy sê: My aangesig sal saam met jou gaan, en Ek sal jou rus gee. En hy sê vir hom: As U teenwoordigheid nie saam met my gaan nie, dra ons nie hiervandaan nie. Want waarin sal dit hier bekend word dat ek en U volk genade in U oë gevind het? is dit nie daarin dat jy saam met ons gaan nie? so sal ons geskei word, ek en U volk, van al die volke wat op die aarde is. En die HERE het vir Moses gesê: Ek sal ook hierdie ding doen wat jy gespreek het, want jy het genade in my oë gevind en Ek ken jou by die naam. En hy sê: Ek bid U, laat my U heerlikheid sien. En hy sê: Ek sal al my goedheid voor jou laat verbygaan en die Naam van die HERE voor jou uitroep; en sal genadig wees aan wie Ek genadig wil wees, en Ek sal barmhartig wees oor wie Ek My wil ontferm. En hy sê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want niemand sal My sien en lewe nie. Toe sê die HERE: Kyk, daar is 'n plek by My, en jy sal op 'n rots staan. En terwyl my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in 'n rotshang sit en jou met my hand bedek terwyl Ek verbygaan. En Ek sal my hand wegneem, en jy sal my rugdele sien, maar my aangesig sal nie gesien word nie.

EKSODUS 33:12-23 Die Boodskap (DB)

Moses het later vir die Here gesê: “U het vir my gesê dat ek die volk van hier af moet laat trek. U sê dan glad nie vir my wie U saam met my sal stuur nie. U het ook vir my gesê dat U my goed ken en dat U van my hou. As dit dan so is, sê asseblief vir my wat u planne is sodat ek kan weet wat U van my wil hê en ek dit kan doen. Hierdie nasie wat ek moet lei, is immers tog u eie volk.” “Moet Ek dan self saamgaan dat jou hart rus kan kry?” vra die Here toe vir Moses. “Asseblief,” sê Moses vir die Here, “as U nie self saamgaan nie, moet U ons glad nie hiervandaan af laat weggaan nie. Waaraan anders sal ons weet of U vir ons omgee of nie? Ons sal dit net weet as U saam met ons gaan. Waaruit anders sal dit duidelik wees dat U anders oor ons voel as oor al die ander volke op aarde?” “Goed,” het die Here vir hom gesê, “Ek sal dan maar saam met julle gaan, soos jy gevra het. Ek sal maak soos jy vra, want Ek ken jou baie goed.” Toe vra Moses: “Kan ek maar asseblief sien hoe U lyk?” Die Here sê toe vir hom: “Ek doen graag iets vir iemand as Ek dit self besluit. Ek bederf graag mense wat Ek ’n guns wil bewys. Ek sal jou wel iets van my grootheid laat sien. Ek sal dat jy my stem hoor wanneer Ek my Naam ‘Here’ voor jou sê. Jy mag egter nie my gesig sien nie. Geen mens sal bly lewe as hy die Here se gesig moet sien nie. Kom, hier is ’n rots waarby jy kan staan. Wanneer Ek met my Goddelike grootheid hier verbygaan, sal Ek jou tussen die rotse laat staan en jou met my hand beskerm totdat Ek verby is. Wanneer Ek verby is en my hand wegvat, sal jy My van agter af kan sien. Niemand mag My egter van voor af sien nie.”

EKSODUS 33:12-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Op ’n keer het Moses vir die HERE gesê: “U het vir my gesê om hierdie volk te lei na die land wat U aan hulle beloof het. U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie. U het wel vir my gesê dat U my baie goed ken en dat ek u goedkeuring wegdra. “As dit dan so is, sê asseblief wat u planne is sodat ek kan weet wat U van my verwag. Hierdie mense is tog u eie volk.” Hy vra toe vir Moses: “Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?” Moses sê vir Hom: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie eers ’n tree van hier af laat beweeg nie. As U nie saam met ons gaan nie, waaraan sal dit duidelik wees dat U vir my en u volk lief is? Hoe anders sal dit duidelik wees dat U anders oor ons voel as oor die ander volke op aarde?” Die HERE het vir Moses geantwoord: “Goed, Ek sal doen wat jy gevra het. Jy dra my goedkeuring weg. Jy is my vriend.” Toe vra Moses: “Kan ek nie maar u heerlikheid sien nie?” Die HERE sê vir hom: “Ek sal jou iets van my goedheid laat sien en Ek sal jou my stem laat hoor wanneer Ek my Naam ‘die HERE’ uitroep. Ek gee genade aan dié wat Ek wil, en ontferming aan dié wat Ek wil.” Hy sê toe vir hom: “Jy durf nie my gesig sien nie. Geen mens sal bly leef as hy sien hoe die HERE lyk nie.” Die HERE sê verder vir hom: “Kom staan by hierdie rotse, hier by My. Wanneer Ek in my majesteit hier verbykom, sal Ek jou tussen die rotse laat staan en jou met my hand beskerm terwyl Ek verbygaan. Wanneer Ek verby is, sal Ek my hand wegvat en dan sal jy My van agter kan sien. Niemand mag My van voor af sien nie.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid