Eksodus 33:12-23

Eksodus 33:12-23 ABA

Moses het vir die Here gesê: “U sê vir my ek moet die volk wegneem, maar U sê nie vir my wie U saam met my sal stuur nie. U het gesê: ‘Ek ken jou, Ek is tevrede met jou.’ Daarom vra ek nou, as U regtig tevrede is met my, sê vir my wat U wil doen, sodat ek U ook kan ken, en kan weet U is tevrede met my. Onthou, hierdie volk is u eie volk.” Die Here het gevra: “Moet Ek self saamgaan en jou na die land bring?” Moses het vir Hom gesê: “As U nie self met ons saamgaan nie, dan moet U ons nie laat weggaan van hier nie. Hoe sal ons weet dat U tevrede is met ons, met my en met u volk, as U nie met ons saamgaan nie? Ek en u volk sal weet ons is anders as al die volke op die aarde as U self saam met ons gaan.” Die Here het vir Moses gesê: “Ook dít wat jy nou gevra het, sal Ek doen, want Ek is tevrede met jou en Ek ken jou.” Toe sê Moses: “Ek wil U asseblief sien wanneer U, die Koning, verskyn.” Maar die Here het gesê: “Dit sal blink as Ek voor jou verbygaan en Ek sal my Naam ‘die Here’ hard sê sodat jy dit hoor. Ek besluit self vir wie Ek genadig en goed wil wees. Maar jy mag nie my gesig sien nie, want as iemand My sien, dan sal hy sterf.” Die Here het ook gesê: “Hier is 'n plek by My waar jy op 'n rots kan staan. Wanneer die lig verbykom, die lig wat om My, die Koning, is wanneer Ek verskyn, dan sal Ek jou in 'n skeur in die rots sit en jou met my hand toemaak totdat Ek verby is. Dan sal Ek my hand wegneem, en jy sal my rug sien, maar nie my gesig nie. Niemand mag my gesig sien nie.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 33:12-23

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid