Eksodus 31:1-10

Eksodus 31:1-10 DB

Die Here het verder met Moses gepraat: “Ek het Besaleël gekies om die voorman te wees wanneer die tent gemaak word. Hy is Uri se seun. Sy oupa is Gur. Hulle is uit die stam van Juda. My Gees gee vir hom die verstand en die insig, die kennis en die vaardigheid om dinge te ontwerp en dit dan van goud of silwer of koper te maak. Hy kan met edelstene werk en houtsnywerk doen en enige kunswerk maak. Ek het ook Oholiab die seun van Agisamak uit die stam van Dan gekies om saam met hom te werk. “Ek het aan verskillende mans wat fluks is met hulle hande die vaardigheid gegee om die tent te maak soos Ek vir jou beduie het. Hulle sal die tent maak waar Ek en julle mekaar gaan ontmoet. Hulle sal ook die ark maak waarin die bewys van ons ooreenkoms gehou moet word, die deksel wat bo-op pas, die gereedskap wat in die tent gebruik word, die tafel waarop die brode uitgestal word, saam met sy toerusting, die ligstaander wat lig gee in die tent en alles wat daarvoor nodig is, die kleiner altaar vir die wierook en die groot altaar buite waarop die offers verbrand moet word, saam met sy gereedskap, die koperbak op sy voetstuk waar die werkers hulleself was voor hulle in die tent gaan werk, die klere wat hulle moet dra wanneer hulle by die tent werk, Aäron se klere en die klere wat sy seuns moet dra

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 31:1-10

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid