Eksodus 31:1-10

Eksodus 31:1-10 AFR20

Die HERE het met Moses gepraat en gesê: “ Kyk, Ek het Besaleël, seun van Uri, seun van Gur, van die stam van Juda, by die naam geroep. Ek het hom met die Gees van God vervul – met wysheid, insig en kennis, en met al die nodige vakmanskap, om vindingryke planne te beraam vir die werk met goud, silwer en brons, en vir die bewerking van edelstene vir monterings, en die bewerking van hout, om dit te doen met al die nodige vakmanskap. “En Ek, kyk, Ek het Oholiab, seun van Agisamag, van die stam van Dan, as sy bystand gegee; en in die hart van elkeen wat vaardig is, het Ek wysheid gegee, sodat hulle alles kan maak wat Ek jou beveel het: die Tent van Ontmoeting, die ark vir die Getuienis, die versoendeksel wat daarop kom, al die toebehore van die tent, die tafel en sy toebehore, die menora van suiwer goud en al sy toebehore, die altaar vir die reukwerk, die brandofferaltaar en al sy toebehore, die waskom en sy voetstuk, die geweefde klere – dit is die heilige klere vir Aäron, die priester, en die klere van sy seuns, vir die priesterdiens

Video for Eksodus 31:1-10

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 31:1-10