Deuteronomium 7:3-6

Deuteronomium 7:3-6 DB

Jy mag ook nie oor en weer met hulle trou nie. Jou dogters mag nie met een van die mense se seuns trou nie en jou seuns ook nie met een van hulle dogters nie. Hierdie mense sal jou kinders van die Here af wegrokkel en hulle sal ander gode begin dien. Dan sal die Here kwaad word en Hy sal jou ook uitwis. Jy moet daarom al hierdie mense se altare wat hulle vir hulle afgode gebou het, omgooi, hulle klippilare stukkend breek, hulle heilige pale plattrek en al hulle afgodsbeelde in die vuur gooi. Doen dit, want jy behoort aan die Here. Van al die volke op die aarde het die Here jou gekies en jou sy spesiale eiendom gemaak. Jy moet daarom anders as die ander volke leef.