Deuteronomium 7:3-6

Deuteronomium 7:3-6 AFR20

Jy mag nie met hulle ondertrou nie. Jou dogter mag jy nie gee aan sy seun en sy dogter mag jy nie vir jou seun as vrou neem nie, want hulle sal jou seun van die HERE afvallig maak, sodat hy ander gode dien. Dan sal die toorn van die HERE teen julle ontbrand en sal Hy jou gou uitdelg. “ Nee, so moet julle met hulle maak: Hulle altare moet julle afbreek, hulle gedenkstene moet julle stukkend slaan, hulle asjeras moet julle stukkend kap en hulle godebeelde moet julle verbrand, want jy is 'n heilige volk vir die HERE jou God. Vir jou het die HERE jou God gekies uit al die volke op aarde om as volk sy persoonlike eiendom te wees.