Deuteronomium 21:18-21

Deuteronomium 21:18-21 DB

“Sê nou ’n pa het ’n seun wat nie wil luister wat hy vir hom sê nie. Die seun is opstandig teen sy pa en ma en steur hom nie aan wat hulle hom beveel nie. Selfs al slaan hulle hom, hoor hy nie. Dan moet die pa en ma hulle seun na die leiers van die stad toe vat. Hulle moet vir die leiers sê: ‘Hierdie seun van ons is opstandig teen ons. Hy luister nie as ons met hom praat nie. Al wat hy van die môre tot die aand wil doen, is om soos ’n vraat en ’n dronklap aan te gaan.’ “Dan moet al die mans van daardie stad die seun vat en hom met klippe doodgooi. As julle so maak, sal julle julle land skoonhou van slegte dinge. Al die inwoners van Israel sal hoor wat gebeur het, en dan sal hulle te bang wees om dit ook te doen.”