Deuteronomium 1:6-7

Deuteronomium 1:6-7 DB

“Toe ons nog by die berg Horeb was,” so het Moses sy lang rede begin, “het die Here gesê: ‘Julle het nou lank genoeg by hierdie berg gebly. Trek nou die land binne wat Ek aan julle beloof het. Slaan julle tente op en gaan na die bergland waar die Amoriete aan die westekant van die Jordaan bly. Verslaan die volke in die woestyndele, op die berge, in die kusvlakte en in die Suidland tot aan die kus van die Middellandse See. Trek die land van die Kanaäniete binne en oorwin die hele gebied van die Libanon af tot aan die groot rivier, die Eufraat.