DEUTERONOMIUM 1:6-7

DEUTERONOMIUM 1:6-7 NLV

“Toe ons by Sinaiberg was, het die HERE ons God vir ons gesê: ‘Julle het nou lank genoeg by hierdie berg gebly. “‘Dit is tyd om die kamp af te slaan en aan te beweeg. Trek na die bergwêreld van die Amoriete en na al die naburige streke toe – die Jordaanvallei, die bergwêreld, die laeveld, die Negevgebied en die kusvlakte. Gaan na die land van die Kanaäniete en die Libanon tot by die groot Eufraatrivier.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid