Handelinge 8:26-29

Handelinge 8:26-29 DB

’n Rukkie later het ’n engel van die Here na Filippus gekom en vir hom gesê: “Jy moet dadelik vertrek. Vat daardie verlate pad vanaf Jerusalem na Gasa toe. Begin stap in ’n suidelike rigting.” Filippus het dit gedoen. Langs die pad het hy op ’n Etiopiër afgekom. Dit was ’n ontmande amptenaar wat in diens van koningin Kandake van Etiopië was. Hy was haar minister van finansies. Hierdie man was pas in Jerusalem om God te gaan aanbid. Nou was hy weer op pad terug na sy eie land toe. Filippus het van ver af gesien hoe hy op sy wa sit en lees. Hy was besig om hardop uit die profeet Jesaja te lees. Die Heilige Gees sê toe vir Filippus: “Gaan na daardie man toe. Klim by hom op sy wa.”