Handelinge 8:26-29

Handelinge 8:26-29 AFR20

'n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak gereed en gaan na die suide, met die pad wat van Jerusalem afwaarts loop na Gasa. Dit is 'n verlate pad.” Hy het toe gereedgemaak en vertrek. En kyk, daar was 'n man van Ethiopië, 'n eunug, 'n hoë amptenaar van die kandake, die koningin van die Ethiopiërs, wat in beheer van haar hele skatkis was en na Jerusalem gegaan het om te aanbid. Hy was op pad terug, en het op sy wa die profeet Jesaja gesit en lees. Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan nader en bly by daardie wa.”