HANDELINGE 8:26-29
HANDELINGE 8:26-29 Bybel vir almal (ABA)
'n Engel van die Here het met Filippus gepraat. Hy het gesê: “Jy moet gereedmaak en jy moet na die suide gaan, na die pad wat van Jerusalem na die stad Gasa gaan. Dit is 'n stil pad.” Filippus het toe gereedgemaak en hy het gegaan. Hy sien toe op daardie pad 'n man van die land Etiopië, die man was ontman en hy was 'n amptenaar van die kandake, die koningin van Etiopië. Die amptenaar moes kyk dat alles goed gaan met die koningin se geld. Die amptenaar het na Jerusalem gekom om te aanbid. Maar nou was hy op die pad terug huis toe. Hy het op sy wa gesit en hy het gelees uit die boek van die profeet Jesaja. Die Heilige Gees het vir Filippus gesê: “Jy moet nader gaan tot by die wa.”
HANDELINGE 8:26-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN 'n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is 'n eensame pad. Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was 'n man van Ethiópië, 'n hofdienaar, 'n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid. En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.
HANDELINGE 8:26-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak jou klaar en gaan teen die middag na die pad wat van Jerusalem af Gasa toe loop.” Dit is 'n stil pad. Filippus het toe klaargemaak en gegaan. 'n Ontmande Etiopiër wat 'n hoë pos beklee het aan die hof van die kandake, soos die koningin van Etiopië genoem is, en wat haar geldsake beheer het, het na Jerusalem toe gekom om te aanbid. Hy was nou op pad terug en het op sy wa gesit en lees uit die profeet Jesaja. Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan loop saam met daardie wa.”
HANDELINGE 8:26-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak gereed en gaan na die suide, met die pad wat van Jerusalem afwaarts loop na Gasa. Dit is 'n verlate pad.” Hy het toe gereedgemaak en vertrek. En kyk, daar was 'n man van Ethiopië, 'n eunug, 'n hoë amptenaar van die kandake, die koningin van die Ethiopiërs, wat in beheer van haar hele skatkis was en na Jerusalem gegaan het om te aanbid. Hy was op pad terug, en het op sy wa die profeet Jesaja gesit en lees. Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan nader en bly by daardie wa.”
HANDELINGE 8:26-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide na die pad wat afloop van Jerusalem af na Gasa, wat woestyn is. En hy het opgestaan en gegaan, en kyk, daar was 'n man van Ethiopië, 'n eunug van groot gesag onder Candace, koningin van die Kus, wat die toesig gehad het oor al haar skatte en na Jerusalem gekom het om te aanbid, Hy het teruggekom en in sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan nader en sluit aan by hierdie wa.
HANDELINGE 8:26-29 Die Boodskap (DB)
’n Rukkie later het ’n engel van die Here na Filippus gekom en vir hom gesê: “Jy moet dadelik vertrek. Vat daardie verlate pad vanaf Jerusalem na Gasa toe. Begin stap in ’n suidelike rigting.” Filippus het dit gedoen. Langs die pad het hy op ’n Etiopiër afgekom. Dit was ’n ontmande amptenaar wat in diens van koningin Kandake van Etiopië was. Hy was haar minister van finansies. Hierdie man was pas in Jerusalem om God te gaan aanbid. Nou was hy weer op pad terug na sy eie land toe. Filippus het van ver af gesien hoe hy op sy wa sit en lees. Hy was besig om hardop uit die profeet Jesaja te lees. Die Heilige Gees sê toe vir Filippus: “Gaan na daardie man toe. Klim by hom op sy wa.”
HANDELINGE 8:26-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vir Filippus het ’n engel van die Here egter gesê: “Gaan suid met die woestynpad wat van Jerusalem af Gasa toe loop.” Filippus het dit gedoen, en hy het die Minister van Finansies van Etiopië teëgekom. Hy was ’n ontmande in dié hoë pos by die koningin van Etiopië. Hy het Jerusalem toe gekom om te aanbid, en was nou op pad terug. Hy het op sy wa die boek van die profeet Jesaja gesit en lees. Toe het die Gees vir Filippus gesê: “Gaan loop langs sy wa.”