Handelinge 11:4-10

Handelinge 11:4-10 DB

Petrus het verduidelik wat gebeur het: “Ek was een middag in Joppe besig om te bid toe ek ’n hemelse gesig sien. Voor my oë het die hemel oopgegaan en iets soos ’n laken wat aan sy vier hoeke vasgemaak is, het tot op die grond voor my afgesak. Binne-in was allerhande soorte diere en ook ’n klomp reptiele en voëls. Ek hoor toe ’n stem wat vir my sê: ‘Kom, Petrus, slag en eet!’ “‘Oor my dooie liggaam. Ek sal dit nooit doen nie, Here,’ het ek geantwoord. ‘Ek het nog nooit iets geëet wat in Moses se wet as onrein beskou word nie. Ons Jode eet nie sulke kos nie.’ “Die stem het ’n tweede keer uit die hemel met my gepraat en gesê: ‘As God sê dat jy iets kan eet, mag jy dit maar doen. Dan mag jy nie sê dit is onrein nie.’ “Dit het drie maal gebeur. Toe is die laken weer teruggevat in die hemel in.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid