Handelinge 11:4-10

Handelinge 11:4-10 AFR20

Daarop het Petrus dit soos volg stap vir stap vir hulle begin uitlê: “Ek was in die stad Joppe besig om te bid, en in ekstase het ek 'n visioen gesien: iets soos 'n groot linnedoek wat afsak en wat aan sy vier hoeke uit die hemel neergelaat word; en dit het tot by my gekom. En ek het aandagtig daarna gekyk, en opgemerk, en viervoetige diere van die aarde en wilde diere en kruipende diere, asook voëls van die hemel gesien. Ek het ook 'n stem vir my hoor sê, ‘Staan op, Petrus, slag en eet!’ Maar ek het geantwoord, ‘Onder geen omstandighede nie, Here! Want niks wat besoedel of •onrein is, het al ooit by my mond ingegaan nie.’ Die stem het toe 'n tweede keer uit die hemel geantwoord, ‘Wat God rein gemaak het, mag jy nie as onrein beskou nie.’ Dit het drie maal gebeur, en toe is alles weer in die hemel opgetrek.