2 Johannes 1:1-4

2 Johannes 1:1-4 DB

Van die oudste, julle geestelike leier. Hierdie brief is vir die gemeente, die uitverkore vrou en haar kinders. Ek het julle regtig lief soos ’n Christen iemand lief behoort te hê. Dit geld nie vir my alleen nie. Almal wat God se waarheid leer ken het, het julle ook so lief. Immers, die waarheid gee vir ons rigting in die lewe. Dit sal vir ewig so bly. En dit is nie al nie. Ons het ook daardie uitsonderlike vrede wat net God kan gee. God, ons Vader, en sy Seun, Jesus Christus, is so goed vir ons, sonder dat ons dit verdien. Ons is mos mense wat elke dag uit God se waarheid en liefde leef. Ek het van julle gemeentelede raakgeloop. Die goddelike waarheid straal sommer uit die manier waarop hulle hulle gedra. Ek kan julle nie sê hoe bly ek was nie! Dié soort lewenstyl is mos wat ons hemelse Vader van ons wil hê.

Video for 2 Johannes 1:1-4

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Johannes 1:1-4