1 Samuel 13:16-23

1 Samuel 13:16-23 DB

Saul en sy seun Jonatan en die manskappe het in Gibea in Benjamin gebly. Die Filistyne se kamp was nog in Mikmas. Daar het drie afdelings uit die kamp van die Filistyne gegaan om die gewone Israeliete se goed te roof. Een groep was besig om dit te doen na Ofra se kant toe, in die omgewing van Sual; die ander groep was besig om dit na Bet-Horon se kant toe te doen, en die derde groep het na die kop toe gegaan wat na die woestyn se kant toe uitkyk op die Seboïmvallei. In die hele gebied van Israel was daar niemand wat met yster kon werk nie, want die Filistyne het gesê: “Ons laat dit nie toe nie, anders maak die Hebreërs swaarde en spiese.” Die Israeliete moes maar elke keer na die Filistyne toe gaan om hulle ploegskare, pikke, byle of sekels te laat regmaak. Die prys was twee stukkies silwer vir die regmaak van ’n ploegskaar en ’n pik, en een stukkie silwer vir ’n vurk en ’n byl en die ysterpunt van ’n osdrywerstok. Toe die oorlog uitbreek, het nie een van die burgers wat by Saul en Jonatan aangesluit het, ’n swaard of ’n spies gehad nie. Net Saul en sy seun Jonatan het elkeen ’n swaard en ’n spies gehad. Die Filistyne se wagte was in die bergpas van Mikmas.