1 SAMUEL 13:16-23

1 SAMUEL 13:16-23 NLV

Saul en sy seun Jonatan met die manskappe by hulle was in Gibea, in Benjamin. Die Filistyne se kamp was nog steeds by Mikmas. Uit die kamp van die Filistyne het drie roofbendes opgetrek. Die een het na Ofra in die omgewing van Sual gegaan, ’n ander na Bet-Goron, en die derde na die grens wat uitkyk op die vallei van Seboïm in die rigting van die woestyn. In daardie dae was daar geen smede in Israel nie, want die Filistyne het gesê: “Dalk maak die Hebreërs swaarde of spiese!” Gevolglik, wanneer die Israeliete hulle ploegskare, skoffelpikke, byle of ander gereedskap moes skerp maak, moes hulle dit na die Filistyne toe neem om skerp gemaak te word. Die prys was een derde sikkel silwer vir ploegskare, pikbyle, drietandvurke, byle en so ook om osprikkels skerp te maak. Dis hoe dit gekom het dat niemand in Israel ’n swaard of ’n spies in oorlogtyd gehad het nie, behalwe Saul en Jonatan. Die bergpas by Mikmas is intussen deur ’n afdeling Filistyne beset.