Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met 'n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle? As u dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat u bokkies wei by die hutte van die herders. Met die perde voor 'n wa van Farao vergelyk ek u, my vriendin! Lieflik is u wange tussen die kettinkies, u hals in die snoere. Ons sal vir u goue kettinkies maak met silwerknoppe. So lank as die koning aan sy tafel was, het my nardus sy geur gegee. My beminde is vir my 'n bossie mirre wat tussen my borste rus. My beminde is vir my 'n tros hennablomme in die wingerde van Éngedi. Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe! Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik; ook is ons bed in die groenigheid. Die balke van ons huise is seders, ons paneelwerk sipresse.
Lees HOOGLIED 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: HOOGLIED 1:7-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's