PSALMS 95:1-7

PSALMS 95:1-7 AFR53

KOM, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil! Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig! Want die HERE is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode. In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne. Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het. Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het. Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid