PSALMS 56:1-13

PSALMS 56:1-13 AFR53

VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die Duif van die ver Terebinte.” Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat. Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag. My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed. Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou. Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen? Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen. Hulle val aan, lê en loer — hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het. Ondanks hul ongeregtigheid — sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God! Ú het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie? Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is. Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys. Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen? Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal

Video vir PSALMS 56:1-13