Psalms 56:1-13

Psalms 56:1-13 AFR20

Vir die •musiekleier. Op “Die duif van die veraf •terebinte”. Van Dawid. 'n Miktaam . Toe die Filistyne hom in Gat gevang het. Wees my genadig, o God, want mense treiter my; die hele dag teister veglustige mense my. My teenstanders treiter my die hele dag, ja, baie veg teen my uit die hoogte. Die dag wanneer ek bang is, vertrou ek op U. Op God – ek loof sy woord – op God vertrou ek. Ek sal nie bang wees nie; wat kan vlees en bloed aan my doen? Die hele dag verdraai hulle my woorde; teen my is al hulle kwaadwillige planne gerig. Hulle val my gedurig aan; hulle lê en wag. Hulle hou my spore dop terwyl hulle my lewe soek. Sal hulle, ondanks die onreg, vrykom? Werp mense neer in toorn, o God! U het self my lotgevalle opgeteken. Hou tog my trane in u leersak. Staan dit nie in u •boekrol nie? Dan sal my vyande terugdeins op die dag wanneer ek roep. Dit weet ek: God is vir my. Op God – ek loof sy woord – op die HERE – ek loof sy woord – ja, op God vertrou ek. Ek is nie bang nie, wat kan 'n mens aan my doen? Op my, o God, rus die geloftes aan U. Ek sal dit nakom met •dankoffers aan U

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid