PSALMS 56:1-13

PSALMS 56:1-13 NLV

Wees my genadig, o God. Daar is mense wat my agtervolg. Die hele dag val my vyande my aan. My aanvallers agtervolg my sonder ophou, en baie val my aan, o Allerhoogste. Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou. In God, wie se woord ek prys, in God is my vertroue; ek sal nie vrees nie. Wat kan mense aan my doen? Die hele dag verdraai hulle wat ek sê; hulle bose gedagtes is teen my gerig. Hulle span saam en hou my dop, en beloer my tree vir tree, gretig om my dood te maak. In die lig van hulle sondes, kan hulle enigsins ontsnap? O God, bring hulle tot ’n val in u toorn. U het my ellende raakgesien. U het my trane opgevang. U het dit opgeskryf in u boek. Die dag dat ek na U roep om hulp, val my vyande terug. Dat God aan my kant is, weet ek beslis. In God, wie se woord ek prys, in die HERE, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue. Daarom sal ek nie bang wees nie! Wat kan ’n gewone mens aan my doen? My geloftes aan U sal ek nakom, o God, aan U sal ek dankoffers bring.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid