PSALMS 126:1-6

PSALMS 126:1-6 AFR53

'N BEDEVAARTSLIED. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom. Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly! O HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland. Die wat met trane saai, sal met gejubel maai. Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.