PSALMS 126

126
'n Oes van vreugde uit die tranesaad.
1 'n BEDEVAARTSLIED.
Toe die Here die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.
2Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
3Die Here het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!
4 o Here, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.
5 Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.
6Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.

Tans Gekies:

PSALMS 126: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan