Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief. U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek. Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar! Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie. Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let. U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens. U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief. My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie. Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie. My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid. Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge. Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken. Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek. Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud. Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.
Lees PSALMS 119
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 119:113-128
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's