So sê die HERE: Al is hulle ook in volle krag en só groot in getal, tog sal hulle net só afgemaai word en vergaan. (Ek het jou verneder, Ek sal jou nie meer verneder nie; maar nou sal Ek sy juk van jou af verbreek en jou stroppe stukkend ruk.) Maar die HERE sal dit oor jóú verorden: Van jou naam sal daar nie meer gesaai word nie; Ek sal uit die huis van jou god uitroei die gesnede en die gegote beelde; Ek sal vir jou 'n graf maak, want jy is te lig bevind. Kyk, op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jou gebied trek nie; hy is heeltemal uitgeroei!
Lees NAHUM 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: NAHUM 1:12-15
6 Dae
Nahum, wie se naam troos beteken, bring 'n boodskap van oordeel aan God se vyande en bring beide geregtigheid en hoop vir Israel. Reis daagliks deur Nahum terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's