En God het gesê: Laat die waters wemel met 'n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel. En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was. En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder. En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag. En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was. En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin 'n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so. Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
Lees GÉNESIS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: GÉNESIS 1:20-31
4 Days
If God has called you to be an entrepreneur, then He has called you to thrive in business. However, there is a big gap between ideas and thriving. If this gap is not closed, you will easily become frustrated with the idea and God. This 4-day devotional provides scriptural guidance in learning the basic principles to thrive in entrepreneurship.
6 Days
Change isn’t easy, but it isn’t impossible, either. Starting a few small good habits can change how you see yourself today and transform you into the person you want to be tomorrow. This Life.Church Bible Plan moves through Scripture with a simple acronym for making good daily habits that actually stick.
7 dae
Ons almal wil deurbraak ervaar in ons lewe, maar wat kan ek doen om dit te beleef?
10 Days
What if the nagging sense your spiritual life needs to be more spectacular isn’t from the Holy Spirit? This devotional track reveals that finding peace that passes understanding isn’t in some greener spiritual pasture but is in finding the green in your right-now-life. Join us for the next ten days as we find the blessing in the wonderfully ordinary and learn to be content in our everyday lives.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's